As jy nie ‘n beleggingspesialis is nie, is die bestuur van jou beleggings waarskynlik baie spanningsvol. Jy sal een kenner oor die radio hoor sê dat ‘aandele goedkoop is’, en die volgende dag lees jy ‘aandele is oorwaardeer’! Hoe maak jy besluite rondom jou geldsake sonder om ‘n beleggingsgraad te verwerf?
Die mees belangrike ding wat jy kan doen is om ‘n beleggingstrategie te ontwikkel wat jou pas. Dit hoef nie ‘n komplekse tesis te wees nie; dit moet net gebasseer wees op ‘n nugter benadering en ‘n bietjie navorsing. Om mee te begin, het jy nodig om te verstaan wat die dryfveer agter die opbrengs op jou geld oor die lang termyn is. Die proses begin deur te onderskei tussen goeie beleggings en swak beleggings, ‘n Goeie maatstaf vir oordeel, is deur te kyk watter beleggings konsekwent inflasie klop oor ‘n lang periode van tyd.
Die onderstaande tabel dui aan hoe verskillende tipe Suid-Afrikaanse beleggingsklasse gevaar het oor die laaste 40-100 jaar.
Bateklas |
Aanwyser |
3 jaar |
5 jaar |
Langtermyn gemiddeld bo inflasie |
Aandele |
All Share Index |
37.7% |
22.7% |
7.8% |
Genoteerde eiendom |
SA Listed Property |
31.2% |
21.7% |
5.7% |
Residensiële eiendom |
ABSA huisprys indeks |
23.4% |
21.34% |
2.4% |
Effekte |
All Bond Index |
10.4% |
13.0% |
2.0% |
Kontant |
STeFI Call |
7.0% |
9.0% |
1.0% |
Inflasie |
CPIX |
4.5% |
5.7% |
N/A |
Saamgestel deur Galileo Capital
Databron: I-Net, Nedgroup en ABSA
Die tabel wys hoe aandele konsekwent die beste opbrengs lewer, terwyl kontant die laagste opbrengs lewer. Residensiele eiendom, wat wel inflasie klop, se opbrengs oor tyd is heelwat laer as wat algemeen verwag word. Dit is uitdagend om die risiko asook die inkomste van die beleggingsklas te kwantifiseer. Dit beteken dat dit dalk nie optimaal sal wees om al jou kapitaal in aandele te belê nie. Indien jy inkomste nodig het of kapitaalbeskerming as mikpunt stel sal residensiële eiendom dalk nie jou beste bate vir groei wees nie. Indien jy inkomste en groei nodig het, moet jy waarskynlik na ‘n kombinasie van beleggings kyk.
Die belegger sal dus die regte kombinasie moet bepaal en besluit wanneer hy moet begin belê. Eerstens, het jy nodig om te weet dat ‘market timing’ en die keuse van ‘n fantastiese individuele belegging minimale impak sal hê op hoe goed jou geld sal groei oor die langer termyn. ‘n Deurbraak studie, gedoen in 1986 deur drie Amerikaanse akademici: Brinson, Hood en Beebower, het bevind dat 93.3% van portefeulje opbrengste toegeskryf kan word aan bateklas allokasie. Bateklas allokasie is die kombinasie van kontant, effekte, eiendom en aandele. Bateklas allokasie het ‘n baie groter impak op jou portefeulje se groei as die keuse van die regte individuele aandeel of effek. Hierdie is baie waardevolle inligting vir mense wat bekommerd is oor hul beleggings. Dit beteken dat jy nie bekommerd hoef te wees of die aandelemark duur is en of jy Anglo’s instede van BHP Billiton moet koop nie, jy moet net die regte kombinasie van bates saamvoeg.
Deur gebruik te maak van ‘n beleggingsplan wat fokus op bateklas allokasie en wat aanpas by jou doelwitte, kan jy baie van die geraas in die pers ignoreer. Jou ideale bateklas allokasie, oor tyd, sal nie geaffekteer word deur die volatiliteit van die rand, aandeelmarkte of rentekoersveranderinge nie. Die faktore wat jou ideale bateklas allokasie bepaal is jou inkomste, uitgawes, bates, skuld en toekomstige finansiële behoeftes. Hierdie is faktore wat jy verstaan en kan beheer tot ‘n sekere mate. As jy hierdie faktore verstaan, kan jy uitwerk wat jou bateklas allokasie moet wees, bv. hoë opbrengs verg groter blootstelling tot aandele, terwyl hoë inkomste groter blootstelling tot effekte en genoteerde eiendom benodig, terwyl aandele blootstelling geminimaliseer kan word. Sodra jy jou bateklas allokasie bepaal het, het jy nie meer nodig om jou beleggings so gereeld te monitor nie – jy kan fokus op ander aspekte van jou lewe.